Ofrikons

Welkom by Suid Afrika se nuutste taal!

Ofrikons is oënskynlik die skepping van wit middelklas Suid-Afrikaner meisies in Pretoria Oos tydens die middel 80’s. Ironies genoeg was die bakermat gesetel in Afrikaans Hoër Meisieskool in kompetisie met Menlo Park Hoërskool se meisies (mooi so meisies!).

prot-ofrikons

Alhoewel dit aanvanklik bloot op uitspraak gebasseer was, spesifiek die oorronding van Afrikaans se ‘a’ klank na ‘o’ , het die nuwe taal vinnig bydrae van ander Afrikaanssprekendes ontvang.

Uitspraak

Dit was die begin.

Die “a” is na ‘n “o” verander (uitgespreek as ô). Die rede daarvoor was volgens taal kenners om meer belangrik en, of hoogdrawend te klink (skande meisies?).

  • a -> 0        | Ma -> Mô

Daar het egter binne 10 jaar verdere uitspraak veranderinge gekom:

  • y -> ai       |  My ma -> mai mô 
  • aie -> aa   |  Baie los -> Baa los
  • e -> a         |  Baie lekker – Baa lakker  -Die is by uitstek ‘n keelklank

Die struktuur van die mond om die uitspraak reg te kry het ooreenkomste, maar Ofrikons het ook dialekte. Veral die ‘a’ kank sak soms diep in die keep terwyl die ‘o’ klank soms baie voor in die mond gevorm word.

Sommige dialekte praat Afrikôns, waar die ‘a’ aan die begin van ‘n woord nie geoorrond word nie, maar na daardie eerste ‘a’ is dit verby.

Grammatika:

Die vinnigste inleiding tot verskille tussen die ou en die nuwe is ‘n voorbeeld:

  • Afrikaans: Later meer  hieroor
  • Ofrikons: Later meer oor dit
  • Engels (bron): More about this later

Ofrikons neem redelik onoorspronklik sy grammatikale insette van Engels. Sommige noem dit evolusie, ander die korrupsie van Afrikaans.

  • Afrikaans: Ek is gemaklik daarmee. / Ek is op my gemak daarmee.
  • Ofrikons: Ek is gemaklik met dit. / Ek is op my gemak met dit.
  • Engels (bron): I am comfortable with it.

Minder woorde!

Die voorbeelde maak dit duidelik dat Ofrikons nie oorbodige woorde nodig het nie. Met dit, oor dit, en ander ‘dit‘ gebruike raak ontslae van onderandere: daarmee, daaroor, hieroor, en ander soorteglyke woorde.

Spelling?

Is dit nie omtrent tyd dat Ofrikons sy eie spelling vestig nie?

Maie mô en pô” word sodiende eenvoudig “Mai mo en po“, in plaas van “My ma en pa.

Lees meer oor Ofrikonse musiek.

ofrikons-epos