Dankie aan Anina vir hierdie bydrae:
Verkorting:
Ons het reeds die fenomeen van die gebruik van Engelse grammatika in Ofrikons bespreek na gelang van byvoorbeeld ‘daarvan’ wat ‘van dit’ word.
Die woord ‘daarvan’ is ook betrokke by die fenomeen van verkorting.
“Inplaas van” of “Inplaas daarvan” > word > “plôsvan”
Die hele woord ‘in’ en die ‘daar’ in ‘daarvan’ word wegegooi!
“Daardie” word “dôrrie”
Hier word net sekere letters weggegooi.
.
Tweegatjakkals of die veelsydige ‘A’?
die ‘a’ in die tweede lettergreep van ‘plosvan’ word wel as ’n onoorronde ‘a’ uitgespreek. Die fenomeen bewys dat Ofrikonssprekendes wél ’n onoorronde ‘a’ kán uitspreek. Met ander woorde, Ofrikonssprekendes oorrond nie omdat hulle nie anders kan nie.
Hierdie fenomeen kom ook voor by verskeie Ofrikonssprekendes wat nie van ‘Ofrikons’ nie, maar van ‘Afrikons’ praat.
Spelling
Ofrikons vereis nuwe spelreëls. Alhoewel ‘o’ of ‘ô’ die kort ‘o’ klank kan verteenwoordig, moet ‘n plan gemaak word met die lang ‘ô’. Afrikaanse ‘daar’ word nie werklik ‘dôr’ nie, maar eerder ‘dôôr’. Die die woord kan nie ‘door’ gespel word nie omdat die spelling geld vir woorde soos ‘spoor’ en ‘hoor’.
Is jy Ofrikonssprekend? Help jou taal en maak spelling voorstelle.
Kommentaar of bydraes?
Die volgende artikel: Stopwoorde en Kerk Ofrikons.
Nee jong, ek prat nie Ofrikons nie, ek prat Kaps. Hieg waag ek woon, bgei ons en ontrond ons, ons sikkil mar om Ofrikons te prat.
LikeLike
ôns het ôlmôl ôns proebleeme… Pretoria Meisies Hoër vier die week 100 jaar.
Ak wônder hoe die tannies sou voel oor die niewe tôl wat dôr uitgebroei het?
LikeLiked by 1 person
Hulle vogige tal was ok maar rof!
LikeLike